31-01-06

Nederlandse taal wordt geboycot in Zuid-Afrika

http://www.news24.com/Die_Burger/Nuus/0,,4-75_1871170,00.html

JOHANNESBURG. – Die Nederlandse Stigting vir Taalverdediging is ontevrede omdat die SAUK nie die kindernuusprogram Kids news room in Afrikaans uitsaai nie.

Dié program wat in Engels op SABC2 uitgesaai word, word uit Nederland met sowat R1 miljoen gefinansier. Dit word van 1 Maart in Xhosa, Zoeloe, Swati en Ndebele op SABC1 uitgesaai.

Luidens ’n brief van die stigting aan die SAUK (waarvan ’n afskrif in Beeld, susterkoerant van Die Burger se besit is) vra hy die uitsaaier om die program in Afrikaans uit te saai en so ’n ‘‘bydrae te lewer om Suid-Afrika se kulturele verskeidenheid te behou en uit te bou’’.

Die feit dat Kids new! s room in ander tale naas Engels uitgesaai gaan word, maar nie in Afrikaans nie, het luidens die brief ‘‘tot groot verontwaardiging in Nederland gelei’’ – veral omdat ’n groot deel van die finansiering onregstreeks van ’n nasionale lotery kom.

Me. Lesego Mncwango, waarnemende woordvoerder van die SAUK, het gesê geen verslag van die brief wat in Desember gestuur is, bestaan nie.

‘‘Ons het nog nooit ’n versoek ontvang om die program in Afrikaans uit te saai nie, nie van Free Voice (die Ne! derlandse organisasie wat finansiering verskaf) nie en ook nie van binne die SAUK nie.’’

Volgens die SAUK het die organisasie Free Voice 124 000 euro (sowat R920 000) aan die program bewillig.

Die laaste paaiement word in Maart betaal.

Free Voice word gedeeltelik deur die Nederlandse poskodelotery gefinansier.

Volgens die stigting vir taalverdediging is in Nederland en Vlaandere ’n ‘‘toenemende besorgdheid’’ oor die SAUK se taalbeleid.

‘‘Die agterstelling van Afrikaans word as skandalig beskou.”

Druk word nou glo op die poskodelotery uitgeoefen om Kids news room ni! e meer te steun nie.

Free Voice steun volgens sy webwerf ‘‘onafhanklike media in ontwikkelende lande’’.

Die stigting vir taalverdediging beywer hom vir die ‘‘herstel en behoud van Nederlands’’.

Kids news room is Vrydae om 16:00 op SABC2.

18:03 Gepost door Janice Laureyssens | Permalink |  Facebook |

De commentaren zijn gesloten.